Slippers
Self catering or bed-and-breakfast accommodation for 2 persons (1 couple or 1/2 singles) in the old part of town: tree-lined streets, leivore, abundant birdlife, rose gardens and quaint post boxes.
Comfortable, private and spacious (31m2) living / sleep area, kitchenette and showerroom – well equipped with attention to detail. Tea/coffee is offered as a welcoming gesture. Television (SABC/e-tv), CD-player/radio and digital safe. Covered parking at your door and exclusive barbeque area. 700m to town centre and 400m from nearest amenities.
Hearty "Blikbord" breakfast on request. A random selection of goodies in season and in hospita’s pantry: freshly squeezed juice, home-baked bread/scones with butter and homemade jams, cheese, biltong (a South African delicacy), slices of ham and perhaps some Haddock in cheese sauce, pumpkin fritters and/or cake and ...
Included: All linen, towels, fresh flower arrangements, daily room service and generous hospitality!
• No single supplement
• Long-stay discount
• Smoking is only permitted outdoors.
Recent Feedback:
Ms A Làzaro from Top Billing Magazine
10 January 2011
"We had a great time. Thank you for making our stay so special we really enjoyed all the details and homely atmosphere... Hope to see you again when we are in the neighbourhood."
________________________________________
Hartlik welkom in die klein dorpie met die groot hart, gratis wynproe, wildtoere, trekkerritte en voëlkykroetes. Selfdien of bed-en-ontbyt verblyf vir 2 persone (1 paartjie of 1/2 enkelinge) in ons boomryke oudorp met sy leivore, roostuine, blinkrooi stoepe, skone sterre en reëndruppels op sinkdakke.
Selfdien of Bed-en-ontbyt verblyf vir 2 persone. Keurige & privaat (31vkm) leef/slaapruimte, kombuisie en stortkamer, met aandag tot detail. Televisie (SABC/e-tv), cd-speler/radio en digitale kluis. Koffie/tee word aangebied as 'n verwelkomingsgebaar. Privaat braaiplek en onderdakparkering is beskikbaar by u deur. 700m vanaf binnedorp en 400m vanaf supermark, apteek, slaghuis, Dharmasentrum en OTM.
Ruim "Blikbord-brêkfis" (ontbyt) op aanvraag. Die seisoen en die antie se spens bepaal die keuse: vars sap, tuisgebakte brood/skons, botter, konfyte en kaas, ham, biltong, dalk mieliekoekies of gevulde eiers en straks ‘n sny koek en...
Ingesluit: Alle linne, handdoeke, vars blommeranskikkings, daaglikse ligte skoonmaakdiens en hartlike gasvryheid!
• Enkelbesprekings welkom
• Langverblyfafslag
• Rook word slegs in die tuin toegelaat.
Onlangse Terugvoering:
Me. E Wiese
30 November 2010
"J*** en ek wil net baie, baie dankie se vir die heerlike tydjie wat ons by “Slippers” kon deurbring – ons het dit verskriklik baie geniet! Van die oomblik dat ons daar aangekom het, het jy ons so baie welkom laat voel. Al die ekstras soos die vars blomme, warm watersakke en konfyt om saam te vat huis toe, word opreg waardeer. Jy het definitief ‘n wenkombinasie daar by “Slippers”..."






























